Afrikaans Bible

PSALMS 59

PSALMS

Return to Index

Chapter 60

1

 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig.

2

 Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopot mië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend.

3

 o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!

4

 U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!

5

 U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.

6

 U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.

7

 Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!

8

 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.

9

 G¡lead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.

10

 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filist‚a!

11

 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?

12

 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. [ (Psalms 60:13) Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid. ] [ (Psalms 60:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]

PSALMS 61

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: