Afrikaans Bible

PSALMS 23

PSALMS

Return to Index

Chapter 24

1

 'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;

2

 want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.

3

 Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?

4

 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

5

 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.

6

 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek -- dit is Jakob. Sela.

7

 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

8

 Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.

9

 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

10

 Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare -- Hy is die Erekoning! Sela.

PSALMS 25

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: