Afrikaans Bible

PSALMS 20

PSALMS

Return to Index

Chapter 21

1

 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2

 o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

3

 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.

4

 Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.

5

 Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

6

 Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

7

 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

8

 Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

9

 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

10

 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11

 U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12

 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

13

 Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig. [ (Psalms 21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang! ]

PSALMS 22

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: