Afrikaans Bible

PSALMS 15

PSALMS

Return to Index

Chapter 16

1

 'n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.

2

 Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.

3

 Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is.

4

 Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.

5

 Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.

6

 Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

7

 Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.

8

 Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

9

 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;

10

 want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.

11

 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

PSALMS 17

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: