Afrikaans Bible

PSALMS 7

PSALMS

Return to Index

Chapter 8

1

 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.

2

 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.

3

 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.

4

 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het --

5

 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

6

 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

7

 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:

8

 skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld,

9

 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. [ (Psalms 8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! ]

PSALMS 9

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: