Afrikaans Bible

2 KRONIEKE 7

2 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 8

1

 En aan die einde van twintig jaar waarin Salomo die huis van die HERE en sy huis gebou het,

2

 het Salomo die stede opgebou wat Huram aan Salomo gegee het, en die kinders van Israel daar laat woon.

3

 Daarna het Salomo na Hamat-Soba getrek en dit oorweldig.

4

 En hy het Tadmor in die woestyn opgebou, en al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het.

5

 Verder het hy Bet-Horon-Bo en Bet-Horon-Onder as vestingstede opgebou met mure, poorte en grendels.

6

 Ook B „lat en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en alles wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die L¡banon en in die hele land van sy heerskappy.

7

 Al die mense wat oorgebly het van die Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, wat nie uit Israel was nie --

8

 van hulle kinders wat n  hulle oorgebly het in die land, wat die kinders van Israel nie uitgeroei het nie, die het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.

9

 Maar van die kinders van Israel het Salomo geen slawe gemaak vir sy diens nie, maar hulle was krygsmanne en owerstes van sy beste vegsmanne en owerstes van sy strydwaens en sy perderuiters.

10

 En dit was die hoofopsigters van koning Salomo, twee honderd en vyftig wat oor die mense bevel gevoer het.

11

 En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel, nie; want dit is heilig, omdat die ark van die HERE daarin gekom het.

12

 Toe het Salomo brandoffers aan die HERE gebring op die altaar van die HERE wat hy voor die voorportaal gebou het.

13

 Daarop moes hulle na die eis van elke dag offer volgens die gebod van Moses, op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye, drie maal in die jaar -- op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees.

14

 Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawid vir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om God te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van God.

15

 En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie.

16

 So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die huis van die HERE gegrondves is tot sy voltooiing toe: die huis van die HERE was voltooi.

17

 Toe het Salomo na seon-Geber getrek en na Elot, aan die seekus in die land Edom.

18

 En Huram het aan hom deur sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat die see ken; en hulle het saam met Salomo se dienaars in Ofir aangekom, en daarvandaan vier honderd en vyftig talente goud gaan haal en na koning Salomo gebring.

2 KRONIEKE 9

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: